📖 Eksodus 14:14 “Die Here self sal vir julle veg. Julle moet net stil bly.”
Stel jouself voor jy is deel van ‘n oorlog en besig om te veg vir oorlewing. Aan die een kant is dit jou ouers teen wie jy baklei, aan die ander kant is onderwysers en vriende, en dan nog al hierdie baie vrae waarmee jy worstel! Jy raak benoud en sien net probleme, teleurstellings en bekommernisse waar jy ookal kyk. Watter kant toe nou?
Stop! Haal diep asem en raak stil …
Vandag se vers belowe God Hy is by jou. Maak nie saak wat nie, Hy sal namens jou veg as jy by Hom skuil! Jesaja 30:15 sê dit ook: “Julle krag lê daarin dat julle stil op My vertrou.”
📌 Wees stil en vertrou op God.
🙏 Gebed: Here Jesus, leer my asseblief om stil te word voor U en om net op U te vertrou. Ek kan nie hierdie elke-dag-se oorlog op my eie wen nie, maar saam met U sien ek kans vir alles! Amen.
🔥 Uitdaging: Gaan kyk hoe God jou voorberei het om sterk te staan op bl. 17 van jou werkboek. Gaan skryf dan in jou eie woorde iets omtrent jouself langs elke stukkie van die wapenrusting van geloof neer. Plak dit op jou kas of op jou spieël en herinner jouself daagliks dat God vir jou veg!
(geskryf deur Lindie Steenkamp)
https://roadtrip247.com/wp-content/uploads/2025/08/ROADTRIP-247-WORKBOOKWERKBOEK-6-GOD-SE-WOORD-EN-VRAEGODS-WORD-AND-QUESTIONS-.pdf