What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

SAL EK OOIT WEER SO GOED WEES?

📖 Jakobus 4:10 Verneder julle voor die Here, dan sal Hy julle verhoog.”

Ek is vas oortuig elkeen van ons het al foute gemaak êrens in ons lewens, of hoe? Nie net ‘n klein ‘oepsie’ of ‘n wit leuentjie nie, maar ‘n massiewe probleem wat dit laat lyk het asof daar geen uitkomkans is nie. ‘n Atmosfeer-verpletterende oomblik wat jou laat dink dat niks sal ooit weer dieselfde wees nie. Die normale menslike instink is om onmiddellik self jou fout te probeer regmaak voordat iemand agterkom wat jy gedoen het. Daar is egter ‘n klein probleempie hiermee: trots.

Ons trots keer ons dikwels om hulp te soek; dit maak dat ons soos ‘n trop verlore skape in kringe maal. Gelukkig vir ons is een van God se name YAHWEH-M’KADDESH: die God wat heilig maak. So lank as wat ons nederig na God draai, sal Sy ope arms altyd afwagtend daar wees, reg om elke sonde te vergeet en te vergewe. 

📌 Moenie jouself vergelyk met wie jy was voordat jy daai fout gemaak het nie; God nooi jou na ‘n nuwe toekoms!

🙏 Gebed: Vader God, dankie vir die vergifnis wat U elke dag vir ons aanbied. Dankie vir die onvoorwaardelike liefde wat U vir my gee, maak nie saak hoe ver ek van U wegdwaal nie. Help my asseblief om dadelik na U te draai wanneer ek iets opmors, en om U leiding ten volle te benut. Amen.

🔥 Uitdaging: Dink terug aan ‘n tyd toe jy gelukkig met jouself was en vrede met die wêreld gehad het. Vra nou vir God om iets soveel beter te doen in jou toekoms. Neem die eerste stap met bladsy 10 van ons werkboek:

https://roadtrip247.com/wp-content/uploads/2025/08/Workbook-5-New-Beginnings.pdf

(geskryf deur Michelle du Plessis)