📖 Matteus 6:9 “…Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word.”
🫵 Maak dit prakties met die ‘4 B’s Gebed’ aktiwiteit op bladsy 8 van ons nuwe werkboek.
Dit kan moeilik wees om te bid, maar dit hoef nie te wees nie. ‘n Briljante manier om te bid is die 4 B’s metode!
📌 Die 4 B’s is daar om jou te lei, dis nie ‘n rëel nie. Moenie bekommer nie, God sal nogsteeds jou gebed hoor as jy ‘n stap mis!
🙏 Gebed: Liewe Here Jesus, ek prys U vandag vir U goedheid en guns. Ek lê my ou sondige self by U voete neer. Here, ek bid dat U asseblief vandag my voete sal lei, my mond sal seel, en my gedagtes sal bewaar. Ek bid dit alles in die almagtige naam van Jesus, Amen.
🔥 Uitdaging: Soek vandag die 4 B’s in jou lewe. Skryf dit neer op ‘n stukkie papier – selfs al is dit so klein soos ‘n toffie papiertjie.
(geskryf deur Damian Pinn)