What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

ALLES VIR GOD

📖 Romeine 14:8 “As ons leef, leef ons immers vir die Here…”

🫵 Maak dit prakties met die ‘Uitdaging’ op bladsy 21 van ons nuwe werkboek.

Soms kan ons besige lewenstyl elke oomblik van ons dag opneem. In die warrelwind van die lewe vind ons dat ons teen tyd jaag om ons drome `n werklikheid te maak. Die druk van studies, tesame met die passie waarmee God ons geseën het om ons begeertes aan te wakker en ons drome na te jaag, kan alles oorweldigend voel. 

Die waarheid is dat God elke sekonde by ons is, elke traan en elke stille glimlag sien, en ook elke klein oorwinning saam met ons vier. Ons kan Hom eer in selfs die kleinste dinge wat ons doen.

📌 God verlaat ons nooit!

🙏 Gebed: Dankie Here, dat U in elke detail van my lewe is. U gaan nooit weg nie, en is altyd daar en besorg. Gee my asseblief krag en ‘n brandende passie om elke dag vir U te lewe. Amen. 

🔥 Uitdaging: Neem tyd om 3 plekke neer te skryf waar jy God se teenwoordigheid in jou lewe sien en lees dit wanneer ookal jy alleen voel.

(geskryf deur Chanel Buys)