📖 Efesiërs 1:4-5 “So het Hy ons voor die grondlegging van die wêreld in Hom uitgekies, sodat ons heilig en onberispelik in liefde voor Hom sou wees, nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem, soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het.”
Ons werk elke dag vir baie aanvaarding. Ons moet toetse slaag, ons swakhede so goed moontlik verminder en ons gebrekke kamoefleer en wegsteek. Dankie tog ons is reeds volkome deur God aanvaar! As gevolg van wat Jesus vir ons gedoen het, skei niks ons meer van God se nabyheid nie.
Weet vandag dat die Here daarna verlang dat jy ‘n openbaring van Sy massiewe liefde vir jou sal hê. Hy aanvaar jou nou soos jy is – volkome! Hy het jou geskape presies soos Hy wou hê jy moet wees. Jy gloei met die lig van goedkeuring en liefde.
📌 Wanneer God na jou kyk, sien Hy sy kosbare kind.
🙏 Gebed: Here, dankie dat U my onvoorwaardelik aanvaar en liefhet. Selfs wanneer die wêreld my verwerp, weet ek dat ek altyd aanvaar en verwelkom word in die hemelse familie van my Vader! Help my om te onthou ek is U sin. Amen.
🔥 Uitdaging: As jy aan God behoort, wat maak dit van jou?
(geskryf deur Madelein de Beer)