What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wees lief vir jou broer en suster

1 Johannes 4:21Wie God liefhet, het geen ander keuse as om ook sy medegelowige lief te hê nie. Dit is die opdrag wat Hy vir ons gegee het.”

Meeste van ons het broers en susters in ons gesinne. Ons woon saam en soms ontstel hulle ons. Die broederliefde wat ons deel, kan ons help om hulle te vergewe en in vrede saam te leef. 

Wanneer ons Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar, word ons die “kinders van God” met baie broers en susters! Dit is dikwels moeiliker om hierdie “broers en susters” lief te hê en in vrede met hulle saam te leef. So, hoe doen ons dit?

Die geheim lê in die Woord van God. Jesus het dikwels gepraat van liefde as die middelpunt van ons verhouding met mekaar. Maar Hy neem dit na ‘n ander vlak wanneer Hy vir ons in Johannes 15:4-15 sê: “Leef in my. Maak jou tuiste in my net soos ek in jou doen… Wanneer jy in my en ek in jou is… Sal die oes beslis volop wees… Maak julleself tuis in my liefde… Dit is my opdrag: Wees lief vir mekaar soos ek julle liefgehad het…”

As ons Hom liefhet kan ons wees soos Galasiërs 2:20: “Dit is nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my woon.” Dieselfde vers sê dat ek saam met Christus gekruisig is en dus het die deel van my wat nie in staat was om enige persoon lief te hê nie, saam met Jesus aan die kruis gesterf. Daarom, deur Sy lewe en deur Sy liefde wat deur my vloei, kan ek my “broer” ten volle liefhê!

As ons Jesus toelaat om in ons en deur ons te leef en as ons in Hom bly, soos Hy in ons bly, sal ons nie net ons broer maklik kan liefhê nie, maar ook elke persoon wie ons teëkom.

Gebed: Jesus, vandag kies ek om in U te leef, soos U gekies het om in my te leef toe ek U as Here en Verlosser van my lewe aanvaar het. Help my asseblief om op dieselfde manier lief te hê as wat U liefhet, sodat U liefde wat deur my vloei na ander toe kan vloei. Laat U liefde wat in my is, diegene wat U nie ken nie, nader aan U trek.

Uitdaging: So vandag, terwyl jy ander mense teëkom, laat daardie liefde wat binne-in jou leef, vrylik uitvloei om hulle harte en gedagtes aan te raak!

(Geskryf deur Wae Jansen)