What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Wat Is My Roeping? Het Ek ‘n Roeping?

“Want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus so gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitleef.”Efesiërs 2:10

Het jy al gewonder wat die doel van die lewe is? Die meeste van ons bevraagteken soms ons doel op aarde wanneer ons nog jonk is en onsself leer ken.

Dink net vir ‘n oomblik langer daaroor. As ons op aarde gesit is, moet dit vir ‘n doel wees. In die boek Efesiërs sien ons dat God ons almal geskape het vir ‘n spesifieke rede. Elkeen het goeie werke om te doen. En terwyl ons die goeie werke doen, deel ons God se liefde en Sy Woord. Só kan ons ook ander inspireer om te doen en te leef soos Jesus gedoen het.

Wanneer jy voel jy verstaan nie jou doel op aarde nie, gaan kyk in die Bybel en neem jou tyd om te kyk wat Jesus gedoen het as ‘n voorbeeld. Ons almal het ‘n doel en ‘n passie om die wêreld te verander op ons eie unieke maniere. Soos legkaart stukkies is ons almal anders, maar tog is ons almal nodig om die volle prentjie te bou.

Wat Is My Roeping? Het Ek ‘n Roeping?

Gebed: Baie dankie Here, dat U vir ons almal ‘n doel en ‘n droom gegee het om uit te leef. Here, help ons asseblief om hierin te volhard en nie van die pad af te wyk nie. Amen.

Uitdaging: As jy onseker is van jou droom of doel, bid tot God om dit vir jou duidelik te maak.