📖 Psalm 103:12 “So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.”
Glo jy in tweede kanse? God doen! Die Here weet hoe swak en vol foute ons is. Psalm 103:14 sê: “…want Hy, Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou in gedagte dat ons maar stof is. ‘
Maak nie saak wat op ons lewenspad gebeur nie, God sal altyd daar wees vir ons. In die goed en in die sleg sal Hy na ons luister en ons beskerm. Ons kan met vrymoedigheid na Hom toe gaan, juis omdat Hy ons binneste ken. Hy kyk nie vas in ons oortredings of bly kwaad oor ons foute nie. Hy verstaan.
📌 God kyk verby ons menslikheid, direk na ons harte. Maak dit oop vir Hom om naby jou te leef.
🙏 Gebed: Dankie Here dat ek sonder skaamte my menslike hart en gedagtes met U kan deel. Dankie dat ek weet U luister met graagte na al my begeertes en gebreke. Dankie dat U my raaksien vir wie ek is. Amen.
🔥 Uitdaging: Gaan sit opreg voor die Here. Ontbloot jou hart en weet Hy sal verstaan en jou ondersteun in die uitdagings van die lewe.
(geskryf deur Petra van Rensburg)