What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

WAT IS DIE DRIE-EENHEID?

📖 Matteus 28:19 “…in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees.”

🫵 Maak dit prakties met die ‘Lewende Water’ aktiwiteit op bladsy 3 van ons nuwe werkboek.

Jy het dalk al by ‘n doop-diens hierdie woorde gehoor, maar wat beteken dit regtig? Wie is die Vader, die Seun, en die Heilige Gees?  Kom ons begin met GOD se heiligheid. Selfs Moses moes sy skoene uittrek toe hy op heilige grond beweeg het waar God teenwoordig was in “Gees”. 

In 1 Johannes 1 vers 14 staan: “En die Woord het vlees geword en onder ons kom woon”. Jesus se “vleeswording” was God se oplossing om Homself aan mense bekend te maak. Maar toe Jesus weg is het Hy ons nie alleen gelos nie, Hy het vir ons ‘n Helper – die Heilige Gees – gegee.

📌 God is die Vader van die Seun, Jesus, wat in ons woon deur die Heilige Gees: 3-in-1

🙏 Gebed: Almagtige Hemel Vader, in my swak menswees roep ek tot U, wat my gered het met die “menswording” van U Seun, wat Sy lewe vir my gegee het en my lei in U Gees van waarheid. Amen.

🔥 Uitdaging: Soek 3 Bybelverse op Google: Een waar God praat, een waar Jesus praat, en een waar die Gees praat. 

(geskryf deur Amanda Hanekom)