Kom ons buig voor God en erken Hom vir hoe groot Hy regtig is. Kom ons kniel nederig voor die Heer wat ook vir ons gemaak het. – Psalm 95:6
Almal van ons het al in die kerk probeer saamsing aan ‘n lied op die skerm of met die orkes wat ons maar redelik vervelig gevind het. As jy al so verveeld of selfs geirriteerd gevoel het tydens praise en worship, het jy nie regtig in aanbidding gesing nie.
Om in aanbidding tot God te sing, is NIE ‘n Christelike karaoke of saamsing geleentheid nie. Die oorspronklike woord vir lofprysing is ‘proskyneo’ wat direk vertaal word na ‘om te soen’. Dit beteken om ‘n houding van oorgawe en erkenning van God se krag te hê.
Die Hebreeuse woord ‘schachah’ kan vertaal word as: gehoorsaam, onderwerp, toewy, om te volg, oorgee, vertroue, nederig. Aanbidding is vir elkeen verskillend.
Dit kan lofprysing wees – jubel voor God om Hom te dank vir Sy liefde. Dit kan ‘n gebed van dankbaarheid vir Sy genade wees. Dit kan bloot wees om te onthou hoe Hy aan die kruis gesterf het vir ons sondes. Of dit kan wees om stilweg oor te gee en jou hart en gedagtes voor Jesus neer te lê.
Dis belangrik om God in gees en in waarheid te aanbid. Musiek is ‘n wonderlike hulpmiddel om aanbidding te verbeter, maar dit is nie die definisie van aanbidding nie. Ons kan God aanbid met beweging, deur ons talente en gawes, of deur Sy goeie nuus aan ander te versprei.
Wat is aanbidding
Gebed: Here, dankie dat ek my liefde vir U vrylik kan uitleef. Wys my asseblief hoe ek U kan eer deur aanbidding, sodat ek ander na U kan lei deur die manier waarop ek U aanbid. Amen.
Uitdaging: Probeer ‘n manier vind om God te aanbid wat jy nog nie voorheen probeer het nie. Skilder ‘n prent van Sy skepping, sing vir Hom ‘n nuwe lied of wys jou liefde deur te dans soos Koning Dawid.