💭 Reflekteer
Stel jou ‘n lewe voor waar jy vrede binne jou het al voel alles rondom jou soms deurmekaar. Dis presies wat ‘n lewe saam met Jesus jou bied. In Jesus is daar lewe en al kom daar soms duisternis, kan dit nie Sy lig in jou uitdoof nie. Vertrou Hom en stap jou pad saam met Hom, orals.
📖 Johannes 1:4
“In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense.”
❔ Vrae
🙏 Praat met God
Here Jesus, dankie dat daar in U _____ is en dankie dat ek kan ____ omdat U aarde toe gekom het. Help my om U _____ te ervaar en my pad _____ met U te stap. Amen.
📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is gemaak om saam met Jesus te wandel.”
🎨 Reaksie
Maak jou oë vir n oomblik toe en sien hoe jy hand-aan-hand saam met Jesus op jou lewenspad wandel. Sê nou hardop vir Hom dankie dat Hy aarde toe gekom het vir jou.
🤳Sosiale media
Deel hierdie week se liedjie op jou Facebook/Instagram/WhatsApp storie.
👥 Mense
As een van jou maats vandag anstig of bekommerd voel, vertel vir hom/haar van Jesus se lig en vrede. Bid dan saam.
🔥 Dink Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Johannes 1
Lees die res van Johannes hoofstuk 1 vandag en let op: