What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

VUL DIE LEEMTE

📝 Dink dieper oor hierdie devo met bl. 6 van die werkboek: https://roadtrip247.com/wp-content/uploads/2025/08/ROADTRIP-247-WORKBOOKWERKBOEK-6-GOD-SE-WOORD-EN-VRAEGODS-WORD-AND-QUESTIONS-.pdf

📖 1 Korintiërs 6:12 Ek weet julle sê ‘n mens mag alles doen. Maar julle moet onthou: Alles is nie goed vir ‘n mens nie.”

Almal van ons beleef ‘n “leemte” – daardie gevoel van niks maak saak nie en niemand gee om nie. Dit is egter die grootste leuen direk van die vyand af. God se blou-druk is in jou gene en as jy toelaat dat die Heilige Gees jou lei sal jy altyd op koers bly.  Leer uit ander se foute. Dit bring net hartseer. Moenie toegee aan groepsdruk nie, want jy is uniek geskape en het die reg op jou eie menswees.

Gesegdes soos: “Aartjie na die vaartjie” of “dit loop in die familie” hoef nie jou optredes of keuses te bepaal nie. Ja, die keuse van ons doen en late berus net by onsself. Vandag se vers maak dit duidelik. Moenie dubbel vou of knak onder jou droefheid nie, neem dit eerder na Jesus toe.

📌 Vertrou GOD met jou trane en Hy sal hulle in goue gerwe omskep.

🙏 Gebed: Ek sing tot eer van U, my God, en dank U vir my vrye wil om te kan kies tussen reg en verkeerd. Dankie Heilige Gees, dat U my op die regte koers hou. Amen.

🔥 Uitdaging: Sit jou hand op jou hart en voel hoe dit klop. Die Heilige Gees woon binne jou. Jy is nie alleen nie en Hy sal jou wys wat die regte keuses is.

(geskryf deur Amanda Hanekom)