💭 Reflekteer
In die Ou Testament moes God se mense hard werk en baie reëls volg om in Sy wil te bly en teen sonde beskerm te word. Maar God se belofte aan Abraham het waar geword. Jesus het gekom en Hy maak ons vry van sonde en al daardie baie reëls. Dit beteken nie ons kan doen net wat ons wil nie! Nee, ons moet in Jesus glo. Wanneer jou hart aan Hom behoort, sal Sy Heilige Gees jou help om weg te bly van sonde en saam met Hom op die regte paaie te wandel.
📖 Galasiërs 3:23-24
“Voordat die geloof gekom het, is ons deur die wet bewaak. Ons was gevange gehou totdat God se plan van geloof geopenbaar sou word. Die wet het ons soos ’n kinderopvoeder opgepas totdat Christus gekom het.”
❔ Vrae
🙏 Praat met God
Here God, dankie dat U _______ gestuur het om my vry te maak van___________. Jesus, help my deur U Heilige Gees om op die __________ te bly en ________ te hê in U. Amen.
📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is nie meer vasgebind deur sonde nie.”
🎨 Reaksie
Skryf ‘n paar sinne neer wat soms by jou op kom wanneer die vyand jou laat voel asof sonde aan jou vasklou. Bv. “Daar is iets fout met my”, “Ek is nie goed genoeg nie”, “Niemand aanvaar my nie”. Teken of verf dan ‘n prent bo-oor wat simboliseer hoe Jesus jou vry gemaak het van dit alles.
🤳Sosiale media
Laat iemand vandag ‘n foto van jou neem soos die een hier bo (waar jy bevry in die lug opspring). Plaas die foto met ‘n byskrif by: Jesus maak vry!
👥 Mense
Om vry te wees is om nie geoordeel te word nie. Maak ‘n punt daarvan vandag om nie ander te oordeel nie, omdat Jesus hulle ook vrygespreek het.
🔥 Gaan Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Galasiërs 3
Lees vandag verse 19 tot 25