📖 Efesiërs 4:32 “Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om.”
Op die pad van die lewe ontmoet ons dikwels mense wat “swaar” stories dra. Soos die vlugteling-kinders wat by ons skool in Lebanon arriveer, gehard deur pyn, oorlog, en verlatenheid in Sirie. Hulle het geleer om te veg vir oorlewing, want dis al wat hulle ooit geken het. Tog, soos ‘n reisiger wat stop om ‘n saamry-geleentheid aan te bied, kies ons onderwysers elke dag vriendelikheid.
Hulle luister, deel die bietjie wat hulle het, en gee nooit op nie. Stadig maar seker sien ons hoe kinders se harde harte sag word en hoop terugkom. Vandag se vers praat oor ware vriendelikheid. Dit ontmoet mense waar hulle is en help hulle glo dat liefde hul nogsteeds huistoe kan dra.
📌 Jesus leer ons hoe om vriendelik te wees met mense. Wanneer Hy in ons is kan ons Sy vriendelikheid wys aan almal wat oor ons pad kom.
🙏 Gebed: Here, mag mense altyd van my praat as iemand wat werklik vriendelik is. Help my asseblief om veryby al die verskille in mense te kyk en om vriendelik te wees met almal, soos Jesus vriendelik was met mense wat nie orals aanvaar was nie. Amen.
🔥 Uitdaging: Voltooi vandag die werkboek aktiwiteit oor Vriendelikheid.
(geskryf deur Jacobus van Zyl)