📖 Matteus 5:9 “Gelukkig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.”
Soms, in ons reis met Jesus, ervaar ons oomblikke van onrus en oomblikke van vrede. Dit is ‘n vrug van die Gees: vrede met God en vrede met ons naaste, ons ouers en maats. En sal dit nie lekker wees om in vrede met almal te leef nie? Maar dit kom nie uit onsself nie.
Kinders van die wêreld ken nie hierdie diep siels-tevrede gevoel nie. Wanneer ons kinders van God word, help die Heilige Gees ons om hierdie vrede in ons lewens te ontdek. Ons wil nie meer soos die wêreld lyk waar mense heeldag met mekaar stry en baklei en jaloers is op mekaar nie… Nee, ons wil meer en meer soos Jesus wees. Ons wil die Vrug van die Gees uitstraal en ‘n verskil in hierdie wêreld maak!
📌 Leef in VREDE, vrede met God en vrede met jou naaste!
🙏 Gebed: Here Jesus, dankie dat ek Ù kind mag wees. Help my asseblief sodat U Heilige Gees my lewe sal inneem en my splinternuut sal maak. Laat ek ook deur my lewe die vrug van die Gees sal uitstraal sodat almal kan sien dat ek aan U behoort. Dankie vir U vrede, Here. Amen.
🔥 Uitdaging: Ontwerp jou eie vrede t-hemp – Voltooi die uitdaging op bl. 6 van die Vrug van die Gees aktiwiteitsboekie. Plak dit dan iewers in jou kamer op. Maak dit deel van jou lewe.
(geskryf deur Lindie Steenkamp)