📖 Jakobus 1:19 “Wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie. ”
Is julle net so opgewonde oor waar ons vandag gaan stop op ons roadtrip saam met Jesus? Wel, vandag stop ons by ‘n boom met die pragtigste vrug: Selfbeheersing. Hierdie vrug is soms bietjie moeilik om te kweek en selfs moeiliker om te deel met ander.
Deur selfbeheersing het jy die vermoë om te doen soos vandag se vers sê: Om nie te gou te reageer en later spyt te wees nie. Self + beheer + sing. Ons kan onsself beheer en eerder God se goedheid besing met ons lewens. Deur God se Gees in ons help Hy ons met selfbeheersing sodat ons lewe Sy liefde orals kan uitstraal!
📌 Selfbeheersing wys respek en liefde vir jouself, jou medemens, en God.
🙏 Gebed: Here Jesus, baie dankie vir die vrug van selfbeheersing in my lewe. Help my om in oomblikke wat my toets te kan stil staan en bewus te word van U Gees se leiding. Ek wil nie te gou beweeg en dalk vir U in die oomblik miskyk nie. Amen.
🔥 Uitdaging: Voltooi die aktiwiteit op bl. 13 van die vrug van die Gees boekie. Hierdie collage sal jou help om te sien waarheen jy op reis is saam met Jesus. Maak al jou planne en drome aan Hom bekend en Hy sal jou op die regte pad lei!
(geskryf deur Lindie Steenkamp)