What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vrug van die Gees: Liefde

📖 1 Korinthiërs 13:4 “Liefde bly geduldig, liefde gee om.”

Wanneer ons elke dag saam met Jesus op pad is, is liefde die eerste vrug wat die Heilige Gees in ons lewens laat groei (GalasiĂ«rs 5:22–23). Sy liefde verander hoe ons kyk, praat en optree teenoor ander. Op hierdie “roadtrip” wys Jesus vir ons hoe om met oop harte te leef – selfs wanneer mense wat moeilik is om lief te hĂŞ, ons pad kruis.

Ware liefde is nie net ’n gevoel nie, maar ’n keuse om soos Jesus op te tree: geduldig, vriendelik en vol genade. Elke dag gee die Gees vir ons nuwe geleenthede om hierdie liefde prakties te wys, al is dit net met ’n sagte woord, ’n glimlag of ’n bietjie tyd vir iemand anders langs die pad.

📌 As jy saam met Jesus reis, word Sy liefde in en deur jou sigbaar.

🙏 Gebed: Dankie Here, vir die daaglikse geleentheid om U liefde aan ander te wys én self te ontvang. Help my asseblief om geduldig te bly in moeilike situasies, en gee my ’n hart van vleis — sag en ontvanklik — in plaas van ’n hart van klip. Amen.

🔥 Uitdaging: Voltooi die aktiwiteit oor Liefde in ons nuwe Werkboek.

(geskryf deur Chanel Buys )

https://roadtrip247.com/wp-content/uploads/2025/10/ROADTRIP247-WORKBOOK-WERKBOEK-7-FRUIT-OF-THE-SPIRITVRUG-VAN-DIE-GEES-3.pdf