What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Vra Alles

DIE OPOFFERINGS OM `N DISSIPEL VAN CHRISTUS TE WEES

“As jy My wil volg, moet jy alles wat vir jou belangrik is, laat staan. Stel dit tweede. So nie, bly dan weg! Ek moet die belangrikste van alles in jou lewe wees. En dit is baie moeilik.”Lukas 14:27

“Dit is baie moeilik om een van My volgelinge te wees. Om dit reg te kry moet jy jou eie belange tweede stel. Jy moet as’t ware jou doodsvonnis teken deur elke dag jou kruis op te tel en agter My aan te stap … as jy bereid is om alles prys te gee ter wille van My, sal jy vir altyd lewe.”Lukas 9:23-24

“Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander. Al daardie dinge wat eers so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou belangriker as alle ander dinge tesame.”Filippense 3:8

Om werklik vir Jesus te volg, beteken dat Hy alles vir ons geword het. Ons volg nie meer ons vriende of popsterre of enige eie begeertes nie. Nee, om werklik vir Jesus te volg beteken om niks anders te volg nie. Niemand kan Jesus uit eie krag volg nie. Jesus het Sy dissipels die geheim geleer om Hom in geloof te volg. Dit is die Gees wat iemand lewend maak, die mens kan dit nie self doen nie (Johannes 6:63) Die dissipels het vir drie jaar saam met Jesus gestap, geleer, waargeneem en deel uitgemaak van Sy wonderwerke. Tog kon hulle Hom nie deur hulle geloof in hul eie krag volg nie. Hulle het `n helper nodig gehad. Om Jesus te volg, is nie maklik nie. Daarom sê Hy vooraf wat dit sal kos om Hom te volg. Niemand kan omdraai en sê: “Ek het nie geweet nie”

Vra Alles

Gebed: Here, leer my asseblief hoe om U voorbeeld te volg, sodat ek ook ‘n voorbeeld vir ander kan wees. Amen.

Uitdaging: Besluit vandag of jy bereid is om alles op te gee vir Jesus!