What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Volg Jesus

JY IS GEROEP OM SY VOORBEELD TE VOLG!


“… Jou pad na die ware lewe toe loop agter My aan. Loop daardie pad voluit!”Matteus 8:22


“… Los al hierdie goed waarmee jy jou so besig hou en kom saam met My!”Matteus 9:9


“…As iemand My volgeling wil wees, moet Hy sy hele lewe vir My gee. Ek sal met niks minder tevrede wees nie. Om My te volg is nie altyd maklik nie.”Markus 8:34

As Christene het ons ‘n unieke roeping en doel in hierdie wêreld. Ons roeping as Christene om dissipels te wees, is ‘n pad van liefde en diens wat ons lei om die lig van Christus te weerspieël in alles wat ons doen. Ons moet diensbaar wees, dit is ‘n opdrag van Jesus self. Hy het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien. Diensbaarheid beteken om ander te dien sonder om iets terug te verwag. Dit behels opoffering, nederigheid en die bereidwilligheid om ander se belange bo jou eie te stel. Deur in die voetspore van Jesus te volg, kan ons die lig van God se liefde bring waar daar duisternis is en hoop bring waar daar wanhoop is.

Volg Jesus

Gebed: Here, help my vandag om diensbaar te wees. Lei my en leer my om in U voetspore te volg, sodat ander U liefde deur my sal ervaar. Amen.

Uitdaging: Wat ‘n voorreg en seën is dit nie om ons roeping te kan uitleef nie! Gaan leer uit die Nuwe Testament alles oor Jesus se lewe hier op aarde, ook alles wat Hy Sy dissipels geleer het en pas dit toe in jou lewe. So sal jy presies weet hoe om Jesus se voorbeeld te volg!