❓ Waar wens jy het jy gewoon? As jy enige plek in die wêreld kon gaan woon, waar sou dit wees en hoekom? Hoe dink jy sou jou lewe daar lyk? ✈️🧳🗺️
God roep jou na ‘n plek… om in vryheid en in vriendskap met Hom te leef.
🚪 Jesus klop elke dag aan die deur van jou hart en wag dat jy vir Hom plek sal maak. Hoe meer tyd jy saam met Hom deurbring, hoe meer, sê die Bybel, sal jou lewe vrug begin dra.
🌰 Die saadjie van geloof binne-in jou sal groei en vrug dra. Elke vrug bevat weer baie sade wat kan uitgroei tot ‘n hele boord vrugtebome wat baie mense kan voed. 🌳🌳🌳🌳🌳🌳🌳
Met ander woorde, God se droom vir jou is nie net dat jy jou eie potensiaal sal bereik en die beste weergawe van jouself sal wees nie – dit is dat Hy baie ander mense deur jou lewe sal seën. Dít is waarvoor jy geskape is…
📖 “Julle, broers en susters, is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om aan julle sondige natuur toe te gee nie. Dien mekaar eerder in liefde.” – Galasiërs 5:13
🙏 Gebed:
Dank die Here in jou eie woorde vir die vryheid wat Hy vir jou gee. Vra Hom om jou te help om daardie vryheid te gebruik om die mense om jou met liefde te dien.
⏰ Het jy nou 15 minute vir Hom?
Lees die hele Galasiërs 5, of luister na die oudio-weergawe daarvan op jou Bybeltoep.