π Jona 2:2 βIn my nood het ek na die Here geroep, en Hy het my geantwoord.β
Die naam βJonaβ is sinoniem met die ongehoorsame profeet wat in die maag van βn vis opeindig. En die rede daarvoor? Jona volg sy eie kop. Die Here stuur hom na Nineve, maar hy gaan in die teenoorgestelde rigting. En in die stink, pikdonker maag van βn vis kom die gebed van Jona: βHelp my, Here.β Die Here luister en die vis spoeg hom uit!
Wanneer βn mens die hele storie van Jona lees, dan sien βn mens daar is nog meer wonderwerke. Dit is nie net Jona wat βn tweede kans kry nie. Die hele stad Nineve, wat ook na die Here draai, word gered.Β
π Dit is nooit te laat om vir God te vra om te help nie – God gee graag tweede kanse.
π Gebed: Here, ek voel ook soms of dit pikdonker rondom my is. Dit maak my moedeloos. Herinner my vandag, dat niks onmoontlik of te groot is vir U nie. Selfs al dwaal ek weg. Dankie Here dat U altyd na my soek en vir my nog βn kans wil gee. Amen.
π₯ Uitdaging: Jona was vir 3 dae onder water – in die maag van βn vis! Wanneer jy vandag water drink (koeldrank, koffie ens.), sΓͺ vir die Here waar jou donker plekke is. Vra vir Sy hulp.
(geskryf deur Dolf du Plooy)