What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Terug skool toe

📖 Jesaja 41:10: “Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm.”

Om terug skool toe te gaan na ‘n vakansie kan intimiderend voel – die druk, die sperdatums, die klieks, die boelies, die drama… Hierdie dinge kan jou laat vrees vir die begin van `n nuwe skool kwartaal. Terwyl skoolstres ‘n ware uitdaging is, is dit goed om te onthou dat jy dit nie alleen in die gesig staar nie.

Jy kan staatmaak op bonatuurlike hulp van God. Hy is daar om saam met jou te stap in die nuwe skool kwartaal. Moet dus nie swig voor vrees en angs nie! Wanneer spanning jou hart aanval, spreek die waarheid uit God se woord. Herinner jouself daaraan dat selfs in die moeilikste omstandighede…

📌 God altyd daar is vir diegene wat op Hom vertrou.

🙏 Gebed: God, dankie dat U my met skool help. Ek vra U om my maniere te wys om dit ‘n minder angswekkende situasie te maak. Ek weet met U aan my sy, hoef ek nie toe te gee aan vrees nie. In Jesus se naam, Amen.
🔥Uitdaging: Maak jou oë toe en verbeel jou die dinge van skool wat jou laat stres, maar vra Jesus: Waar is U in hierdie situasie?…Hy is reg langs jou.

(Geskryf deur Madelein de Beer)