In hierdie tyd waarin ons lewe is daar konstant ‘n miljoen dinge wat veg vir ons aandag. Ongelukkig kan dit wat ons kies om op te fokus ons aandag al meer van God se wil aftrek. Om ‘n goddelike lewe te leef beteken dat ons nee sê vir enigiets wat ons weg trek van die nabyheid aan God en Sy heiligheid. Wanneer jy kies om te kuier, maak dit ook saak dat jy die regte geselskap kies. Slegte vriende beïnvloed jou om ‘n afgod te maak van sport, akademie, of die persoon met wie jy uitgaan. Hulle kan jou ook druk om dinge soos ‘vaping’, rook, drank, en ander dinge te probeer.
❣️ ‘n Leefstyl wat nie vir God eer nie maak onsself en die mense om ons seer.
🙏 Gebed: Here, dankie dat U vir my wys hoe om ‘n goddelike lewe te leef in U Woord, die Bybel. Help my om te kan onderskei tussen ʼn gebalanseerde en ‘n ongebalanseerde lewe. Help my om raak te sien wanneer ek besig is met iets wat myself en ander gaan seer maak, en gee my die krag om daarvoor “nee” te sê. Amen.
🔊 Uitdaging: Teken ʼn sirkel en verdeel dit in 24 ure. Vul elke uur van die dag in met die dinge waarmee jy besig is. Kleur die aspekte van jou lewe in waar jou besluite nie vir God eer nie en bid oor hulle.