What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Sy stem

💭 Reflekteer
Het jy al ooit op ’n reis gegaan en “gemis” wat iemand gesê het terwyl jy met hulle gepraat het? Die musiek speel kliphard en al die vensters is oopgedraai om die kort vakansiegevoel te geniet. Só leef ons soms ons lewens terwyl ons God dien. Ons vra Hom vir Sy leiding, maar laat terselfdertyd die hele wêreld in. Stop. Draai die musiek sagter en maak die vensters toe. Wanneer jy mediteer en in God se teenwoordigheid sit met Sy Woord, sal jy Sy stem hoor.

📖 Spreuke 3:1
“My seun, moenie vergeet wat ek jou geleer het nie. Hou vas aan my opdragte.”

❔ Vrae

Gebaseer op hierdie vers, watter gebooie bêre jy in jou hart wat jy weet uit die Bybel kom?
Wat is een ding wat God jou geleer het waaraan jy vashou?
Sal jy hierdie boodskap met ’n vriend deel en dan met mekaar jul unieke perspektiewe oor hierdie vers bespreek?

🙏 Praat met God
Here, dankie dat U my lei en ________. Help my om in U teenwoordigheid te mediteer sodat ek ________. Wees asseblief saam met my deur hierdie lewensreis en leer my om U stem te herken. Amen.

📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek kan God se stem hoor.”

🎨 Reaksie
Teken ’n spotprent of druk ’n prent van ’n olifant of haas met groot ore en gebruik dit as jou Bybelboekmerk. Laat dit jou herinner om na God se stem te luister terwyl jy Bybelstudie doen.

🤳Sosiale media
Scroll deur sosiale media, maar sit die klank op jou foon af. Terwyl jy kyk na wat ander mense geplaas het, luister na die stem van God. Vra Hom hoe om te bid oor die plasings wat jy sien.

👥 Mense
Vra vandag vir een persoon hoe hulle God se stem in hul lewe gehoor en leer ken het. Stop nou en besluit vir wie jy gaan vra en wanneer.

🔥 Gaan Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Spreuke 3

Lees die res van die hoofstuk vandag en let op: 

Wat het ek in hierdie hoofstuk oor God geleer?
Wat het ek in hierdie hoofstuk oor die Heilige Gees geleer?
Wat het ek in hierdie hoofstuk oor myself geleer?