What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Sjokolade Beperking

‘Kinders, julle moet julle ouers in alle opsigte gehoorsaam, omdat dit vir die Here aanneemlik is.’ – Kolossense 3:20

Ek is mal oor sjokolade! Soms dink ek ek leef soos wanneer ek sjokolade wil hê, ek wil dit NOU hê en ek wil dit NOU eet. Ek wil nie wag tot later nie. Ek wil NOU doen wat EK wil doen en de hel met die res! Ek het soveel planne en drome vir myself, maar dikwels voel dit asof my ouers net ’n handbriek op my lewe wil trek, my wil verhoed om my drome te bereik en die dinge te doen wat ek NOU wil doen.

Dit kan voorkom dat jou ouers soms bedagsaam is teenoor jou en soms kan dit lyk soos die teenoorgestelde. Jou verwagtinge kan verpletter word of dit kan voel dat jou ouers sin vir jou net te veel is. Miskien mag jy nie saam met sekere vriende uitgaan nie, of jy mag net oor naweke uitgaan en nie in die week nie. Miskien kan van jou vriende dinge doen en plekke besoek sonder enige beperkings of reëls van hulle ouers af. Ek sal glo dat dit jou pla! Maar toe ek hierdie vers in Kolossense lees het ek begin dink, hoekom het Paulus dit geskryf?

Hoekom gee ons ouers vir ons huisreëls en beperkinge op geleenthede? Waarom is daar gevolge as ons dit verbreek? Ek weet dit lyk nie altyd so nie, maar ons moet onthou dat ons ouers die beste vir ons in gedagte het. Hulle wil hê ons moet verantwoordelike jong volwassenes word wat goeie keuses sal kan maak. Hulle kyk na die langtermyngevolge van dissipline en verantwoordelikhede, iets waaraan jy nie altyd NOU dink nie.

God wil hê jy moet onthou jou ouers is daar om jou te beskerm, te lei en ‘n veilige groei-omgewing vir jou te skep. Praat openlik met jou ouers as jy nie verstaan hoekom hulle spesifieke reëls gemaak het nie. Dit is hoe jy die gevolge van keuses gaan begin verstaan.

Onthou daarom dat om sjokolade te eet ELKE keer as ons daarna smag ons gesondheid negatief sal beïnvloed, ons moet leer om ook daarvoor te kan wag. Net so ook met dinge in die elke dag lewe.

Sjokolade Beperking

Gebed: Here, in Jesus se Naam vra ek U om my die genade, die geduld en die krag te gee om aan my ouers onderdanig te wees, want dit is wat U van my verwag, Here. Amen.

Uitdaging: Neem ‘n bietjie tyd om na te dink oor die langtermynvoordele van jou huisreëls.