‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid, woede, wraak, geskel en gevloek.’ – EFESIËRS 4:31
Het jy al ooit in die straat geloop, en skielik duik ‘n oomblik uit jou verlede in jou kop op, wat jou met diep spyt in jou spore laat stop? Ek weet dit het al met my gebeur. Dit word onvergewensgesindheid genoem. D,t gebeur wanneer ons onsself aanspreeklik hou vir iets wat ons gedoen het of gesê het.
Een herinnering wat my altyd laat ineenkrimp, is toe my “band” opgetree het. In die optrede in een van die liedjies wat ek self geskryf het, het ek die 2de vers vergeet. Ek het so vernederd en skaam gevoel. Nog erger die gevoelens kom terug elke keer as ek daaraan dink.
Maar die waarheid is dat ons nie vir altyd aan daardie emosie hoef vas te hou nie. In Efesiërs 4 herinner Paulus ons daaraan om bitterheid, woede en kwaadwilligheid te laat vaar, insluitend om onsself vir ons foute te vergewe. Dit gaan nie net daaroor om ander te vergewe nie; dit gaan daaroor om onsself ook te vergewe.
So die volgende keer wanneer jy jouself vasvang in ‘n oomblik van spyt, onthou dat om aan daardie gevoelens vas te hou jou net keer om nader aan God te kom. Maak ‘n gewoonte daarvan om jouself te vergewe vir jou foute. Dit is nie altyd maklik nie, maar dit is die moeite werd.
Self-Vergifnis Is Krities
Gebed: Hemelse Vader, dankie dat U geduldig met my is. Help my om myself te vergewe omdat ek so skuldig voel. Help my om vry te wees van hierdie las. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus, Amen.
Uitdaging: Neem vandag ‘n bietjie tyd om te dink aan iets waaraan jy vasgehou het wat jou swaar weeg. Dit kan ‘n fout wees, ‘n kwetsende woord wat jy gesê het, of iets wat iemand anders aan jou gedoen het. Wat dit ook al is, besluit om dit te laat gaan en jouself te vergewe. Skryf dit neer, sê dit hardop, of bid daaroor. Neem daardie stap na selfvergifnis en kyk hoe dit jou vrymaak.