What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Saai Voorspoed en Nie Teenspoed Nie

‘Iemand wat leuens verkoop, sit rusie aan die gang. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.’ – SPREUKE 16:28

Vir baie mense is skinder so natuurlik dat hul dit skynbaar doen sonder om te besef dat hulle iets verkeerd doen. Dit is een van die mens se vernaamste skuldige plesiertjies.

‘n Mens het ‘n ingebore drang om meer van ander mense se lewens te weet. Nie alleen is dit interessant nie, maar dit dien ook as ʼn middel om onsself met ander te vergelyk.

In Spreuke word ons herinner dat om te skinder bring verwydering tussen mense en veral tussen vriende. In plaas daarvan dat jy van jou vriende skinder, praat eerder in liefde oor hulle. Probeer om die mooi in jou vriende raak te sien en nie net die slegte uit te lig nie.

Jesus wil hê ons moet in vrede en bemoedigend met mekaar leef, eerder as afbreek. Vra vir God om ’n wag voor jou mond te sit, voordat jou bitsige woorde verwydering saai tussen vriende.

Saai Voorspoed en Nie Teenspoed Nie

Gebed: Hemelvader, dankie dat U vir my die voorreg gee om woorde te gebruik wat lewens opbou. Help my asseblief om die lig in die donker te wees en dat ek my tong sal gebruik om aan U koninkryk te bou. In die naam van Jesus Christus vra ek dit, Amen.

Uitdaging: Wanneer jy weer in ‘n gesprek is met iemand en dit lei na skinder, doen moeite om positiewe woorde te deel. Bid liewers vir die persoon as om oor hom\haar te skinder.