⏳Paasfees Tydlyn
So – Jesus gaan Jerusalem binne
Ma – Jesus gooi die verkopers uit
Di – Jesus debatteer in die Tempel
Wo – Jesus rus
Do – Jesus is gearresteer
Vry – Jesus se verhoor en kruisiging
Sa – Jesus in die graf
So – Jesus het opgestaan!
💭 Reflekteer
Na die Laaste Maal het Jesus na Sy gunsteling olyfboord gestap daar naby om te bid. Hy het dikwels so gemaak. Hierdie keer was Sy angs so erg dat Hy iets ervaar het wat dokters vandag hematohidrosis noem – wanneer jou sweet fisies in bloed verander van ekstreme spanning en angs. In die dae wat voor dit gekom het het Jesus sy arrestasie, verhoor, dood, en opstanding baie keer voorspel en nou het die tyd aangebreek…
📖 Lukas 22:53
Jesus: “Ek was daagliks saam met julle in die tempel, en tog het julle My nie gearresteer nie. Maar hierdie is nou júlle tyd, die tyd van die mag van die duisternis.”
❔ Vrae
– Het jy al ooit angs of ‘n paniek aanval ervaar in jou liggaam? Kan jy jou indink wat Jesus moes ervaar?
🙏 Praat met God
Jesus, toe U gebid het in daardie olyfboord het U seker ______ gevoel. Ek het ook al daardie emosie gevoel toe ________. U het nooit ‘n enkele verkeerde ding gedoen nie, tog het hulle U nogsteeds _______. Dankie dat U gewillig na daai kruis toe gegaan het vir ________. Amen.
🎨 Reaksie
Skets ‘n olyftak en dink jou in hoe Jesus moes voel daardie aand.
🔥 Dink Dieper
Lees oor die arrestering: Lukas 22:39-46