What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

‘n Nuwe Skepping

2 Korintiërs 5:17 DBNou weet ek dat wanneer iemand aan Christus behoort, hy ’n splinternuwe mens is; ’n nuwe skepping in die kleine. Al die ou sondige dinge is dan iets van die verlede. Dan is die nuwe lewe hier!”

Toe jy Jesus aangeneem het, het jy ‘n ‘nuwe” skepping geword – ‘n nuwe oor begin, heeltemal vry van jou vorige foute! Soos ‘n skilder `n skoon skildery verf, wil God mooi en nuwe dinge in jou lewe “verf”. Watter nuwe kleure van vriendelikheid, moedigheid en liefde wil jy vandag op jou skildery sien?

‘n Opregte verandering in ons harte maak dit vir ons moontlik om ‘n lewe te begin leef waarin ons Christus ken en liefhet. Enige iemand wat aan Christus behoort het ‘n nuwe mens geword. Jy hoef nie vas te hou aan sonde en skuldige gevoelens nie – hou eerder vas aan Jesus.  

Jy het ‘n nuwe begin gekry!

Gebed: Liewe Heer, dankie dat U my nuut gemaak het in Christus. Help my om elke dag te leef met die vreugde wat kom van U kind wees. U onthou nie my swakheid en sonde nie, so hoekom sal ek daaraan vashou? Help my om dit te laat gaan. Amen. 

Uitdaging: Dis maklik om vas te klou aan jou foute, mislukkings en tekortkominge. Wanneer daai gedagtes vandag opkom, begin te sê: “Ek is ‘n nuwe skepping in Jesus.” 

(geskryf deur Madelein de Beer)