Fillipense 4:6 DB “Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel Hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel. Jy sal hierdie verligte gevoel nie altyd kan verklaar of wetenskaplik kan uitlê nie. Omdat jy egter weet dat jy aan Jesus behoort, sal jy nie meer omgekrap voel nie.”
Ware vrede is om rustig te voel in ons harte, selfs terwyl die storm voortduur. ‘n Voorbeeld van hierdie tipe vrede kan gesien word toe Daniel en sy vriende God vertrou het toe hulle in die vuur gegooi was (Daniel 3:16-28) – en toe loop ‘n engel langs hulle!
Geloof is net moontlik as ons kyk na God se getrouheid en ons harte na Hom toe bring. Gelukkig leer die Bybel ons hoe om ons harte voor te berei – deur gebed, lof en danksegging.
“When we bring our hearts to God in prayer, we can have peace in every storm.”
Gebed: Ons God wat die storm stil maak, ek bring my hart voor U. Here, U ken my vrede, gedagtes en plekke van twyfel. Kom maak my hart stil. Kom herinner my van U getrouheid en bring vrede in my storms. Amen.
Uitdaging: Skryf neer wat vir jou angstig laat voel. Vir elke iets neer geskryf, skryf nou neer hoe God goed was / by jou was as jy terug kyk.
(geskryf deur Embeth du Toit)