What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

‘n Groot avontuur

💭 Reflekteer
Het jy al ooit gevoel asof dit effens ‘boring’ is om ‘n Christen te wees? Die “cool” kinders met baie vriende doen dalk dinge wat nie eintlik pas by God se manier nie. Wel, die waarheid is dat Jesus vir jou lewe in oorvloed wil gee! Jy hoef nie jouself klein te maak, skaam te wees of weg te kruip omdat jy ‘n Christen is nie. God se planne vir jou is die grootste, beste, wonderlikste avontuur ooit.

📖 Jesaja 43:18
“Vergeet al die dinge wat in die verlede gebeur het. Dis niks in vergelyking met wat Ek nou gaan doen nie.”

❔ Vrae

  • Is jy opgewonde oor dit wat die Here in 2026 vir jou gaan doen? 
  • Wie lyk hartseer en asof hulle hoop verloor het? Herinner hulle aan God se groot avontuur.

🙏 Praat met God
Liewe Jesus, ek, ______, is so ______ as ek dink aan alles wat U nog hierdie jaar gaan doen in en om my! Dankie dat U iets ______ in my lewe gaan doen. Ek het U so baie lief Here. Amen.

📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is op ‘n avontuur.”

🎨 Reaksie
Bid elke oggend voor jy jou dag begin, vra vir God om jou oë oop te maak dat jy sal raaksien wat Hy in jou lewe doen. Skryf dan elke aand voor slaaptyd iets neer wat God vir jou gedoen het, of dit wat Hy oor jou pad gestuur het.

🤳Sosiale media
Kan jy dink aan iets lekkers waarmee God jou vandag geseën het? Plaas ‘n foto van dit op sosiale media met die byskrif: “Dankie Jesus”

👥 Mense
Deel dit wat jy ervaar met jou ouers, familie of vriende. Help hulle om te sien wat God besig is om in jou lewe te doen.

🔥 Dink Dieper

Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Jesaja 43

Lees die res van Jesaja hoofstuk 43 vandag en let op: 

  • Hoekom dink jy sou God Sy volk weer bevry nadat hulle so ongehoorsaam was aan Hom? 
  • Dink jy die volk het soms gedink God het van hulle vergeet, veral as dit swaar gegaan het met hulle?  Voel jy ook soms so?
  • Wanneer jy Jesaja 43 deurlees, ervaar God se liefde vir Sy volk, kyk hoe groot Sy genade vir hulle was, al was hulle ongehoorsaam. Weet jy dat God se genade vir jou ook is, Sy genade is elke dag nuut. Weet jy hoe lief God jou het?