God het ons nie gemaak om alleen te wees nie. Of jy nou jouself isoleer van ander en of jy voel ander mense aanvaar jou nie. Ons almal ervaar moeilike tye in ons lewens en dis ook wanneer dit klink soos βn goeie opsie om jouself te isoleer. Dis belangrik om nie die mense weg te stoot wie naaste aan jou is en wie jou wil help nie. Ons moet ander die spasie en geleentheid gee om daar te wees vir ons – om advies te gee, om saam te huil, en sommer net om mekaar te ondersteun. Wanneer jy toelaat dat anders jou werklik ken en help, kan jy βn vriend wees vir hulle.Β
β£οΈ Wanneer jy alleen is, is jy βn maklike teiken vir die vyand.
π Gebed: Here, dankie vir die mense rondom my. Help my om hulle te aanvaar, nie weg te stoot nie en om hulle met alles in my lief te hΓͺ. Help my om nie myself te isoleer nie, maar om oop te maak teenoor my naastes. Amen. Β
π Uitdaging: In plaas van om vandag te onttrek, kies een veilige persoon vir wie jy kan vertel hoe jy voel.