📖 Ps 62:6 “Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop.”
Die jaareinde is in sig. Elke breinsel voel asof dit te wasig is om inligting te stoor. Saans kan ek nie gou genoeg in die bed klim en my lyf laat rus nie & soggens voel net asof ek nie genoeg geslaap het nie. Alles en almal irriteer my! Klink dit bekend?
Vandag se vers is so in antwoord op Jesus se uitnodiging in Mat 28:11 “Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.” Ons reaksie is natuurlik: “Ek wil op die Here wag!”
📌 Net by God alleen kry ons nuwe hoop, nuwe krag.
🙏 Gebed: Voor U GROOTHEID is ek niks Here, maar U genade-liefde omvou my. U maak my sterk in lewens storme. U goedheid lig my op & laat my jubel! Amen.
🔥 Uitdaging: Wil jy dit prakties toepas?
Voltooi vandag se aktiwiteit in ons nuutste werkboek @ Stop 6.
(geskryf deur Amanda Hanekom)