Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. – ROMEINE 8:38–39
Wie is God? Ons weet Hy is ons Redder, Beskermer en ons Vader. Dit is wat almal ons vertel, wat ons lees in die Bybel en wat ons in geloof glo, maar hoe maak ons ‘n meer persoonlike konneksie met God?
Dis makliker om te weet wie Hy is in ons eie lewens deur te verwys na die manier waarop ons Hom ervaar. As jy God se liefde al iewers in jou lewe ervaar het, sal jy met sekerheid kan sê dat Hy liefdevol is. Ons almal het al Sy liefde ervaar op verskeie maniere, maar ons besef dit nie altyd nie
God is liefde en liefde is God. In elke warm drukkie van n familielid, glimlag van ‘n vreemdeling, die liefde wat uitstraal deur iemand se oë en die klein dade wat uit liefde gedoen word, is God. Hy is die liefde wat ons ervaar en soos ‘n Vader sy eie kind lief het ,het God ons hemelse Vader, ons ook lief.
Liefdevolle Vader
Gebed: Here, dankie dat ons U liefde kan ervaar. Help ons om dit uit te leef en oor te dra aan elke mens met wie ons pad kruis. Amen.
Uitdaging: Deel vandag God se liefde met iemand deur vriendelik te wees in alle omstandighede.