🐑 Daar is ‘n pragtige storie wat Jesus vertel het oor ‘n herder wat na Sy kudde omsien. Eendag verdwyn een van die lammers, maar nege-en-negentig bly oor. Die Goeie Herder gaan uit en soek daardie verlore skaap, tel hom op en bring hom terug na veiligheid.
📣 As jy ‘n bietjie verdwaal het, roep na Jesus en Hy sal jou kom help.
👣 Om te sê jy is ‘n Christen is een ding. Om as ‘n Christen te leef vra iets meer van jou.
📖 Terwyl ons voortgaan om deur Galasiërs 5 te lees, kom ons ontdek vandag se verse saam:
Verse 19-21: “Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie.”
💡 Kyk of jy die goeie weergawe van elkeen van die bogenoemde sondes kan vind;
💡Jy leef jou geloof uit deur naby die Herder te bly – Hy lei jou waar jy moet gaan.
💡 Jou lewe sal ander vrugte dra as jy naby Hom bly.