What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Kalm Waters in die Storms


“Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie.”Johannes 14:27


“Moenie oor dinge sit en tob of jou bekommer nie. Gaan praat met God daaroor. Bespreek dit met Hom. Vertel hom hoe jy daaroor voel. Sê dan vir Hom dankie dat jy met Hom daaroor kan praat en dat Hy die beste weet. Jy sal dan verlig en tevrede voel.” “Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.”Filippense 4:6,13


“Vertel die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So `n lewensverhouding sal jou baie gelukkig maak. Dit sal selfs vir jou liggaam wonders doen. Jy sal gesond voel en vol krag wees.”Spreuke 3:6-8

God se Woord is vol wonderlike beloftes! Psalm 91:13 is nog ‘n belofte! Van een ding kan jy baie seker wees: as jy op die Here vertrou en elke dag op Sy hulp staatmaak, sal nie eens die grootste gevare in die lewe jou ooit onderkry nie. Met die Here se hulp sal jy elke moeilikheid wat jou oorkom te bowe kom.”

As kind van God word ons nie gevrywaar van storms in ons lewens nie, maar ons weet dat God ons in staat stel om enige situasie te hanteer, maak nie saak hoe duister en vreesaanjaend die omstandighede in jou lewe mag lyk nie. “Die Here sê self: Iemand wat My liefhet, sal Ek uit enige gevaar bevry. Ek sal hom beskerm omdat hy My vertrou. Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help: Ek sal hom in enige krisis bystaan.” Psalm 91:14-15.

Is dit nie wonderlik nie! God is so getrou!

Kalm Waters in die Storms

Gebed: Here, dankie dat U altyd daar is vir my. Amen.

Uitdaging: Praat met die Here oor alles waaroor jy dink en wat jy wil doen.