God het vir my en jou gemaak om liefde aan ander mense te gee. Verhoudings is vir Hom baie belangrik. Dit gaan nie net daaroor dat jy iemand nodig het om jou behoeftes te vervul en met wie jy kan gesels nie; dit gaan oor soveel meer as dit – Jy kort iewers / iemand om die liefde wat God binne jou gesit het te deel. Dis ‘n plek waar jy jou lig kan laat skyn. Jy is geseënd om ander te seën. Jou doel is konneksie en verhoudings.
❣️ Reik uit na ander toe, selfs al voel dit ‘awkward’ of onseker. Jy is gemaak daarvoor!
🙏 Gebed: Here, partykeer voel dit veiliger om net vir almal te vermy en in my hoekie weg te kruip. Sal U my herinner hoe U my vir verhoudings gemaak het – met U en ander. Amen.
🔊 Uitdaging: Vra God wie vandag jou liefde nodig het. Besluit wat jy vir daardie persoon gaan doen. Dit kan dalk ‘n koppie koffie of ‘n kompliment wees. Dit hoef nie iets groots te wees nie – selfs net ‘n glimlag kan iemand se dag maak.