💭 Reflekteer
Sodra jy Jesus se uitnodiging aanvaar om die lig op jou lewenspad te wees, gee Hy jou die reg om deel te word van God se familie. Is dit nie wonderlik om nou te kan sê: “Ek is deel van God se familie”, nie? Jy is nou deel van ‘n GROOT familie van boeties en sussies wat almal saam die Here dien.
📖 Johannes 1:12
“Aan almal wat Hom egter aanvaar het, dié wat in sy Naam glo, het Hy die reg gegee om kinders van God te word.”
❔ Vrae
🙏 Praat met God
Here Jesus, dankie dat ek deur U kan ____ wees van Vader God se ____. Help my om dit _____ te vergeet nie en om ook na _____ uit re reik wanneer hul U _______ nodig het. Amen.
📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is deel van God se familie.”
🎨 Reaksie
Vandag, elke keer wanneer jy hartseer of alleen voel, kyk vir jouself in die spieël en sê dit weer hardop: “Ek is deel van God se familie.”
🤳Sosiale media
Deel vandag ‘n foto van jou regte (Aardse) gesin en dan ‘n Bybelvers om te wys dat jy ook deel is van ‘n Hemelse familie.
👥 Mense
Jy kan vandag ‘n verskil maak deur ander wat dalk alleen voel van Jesus te vertel en ook te nooi om deel te raak van God se familie. Dis lekker om te behoort.
🔥 Dink Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Johannes 1
Lees die res van Johannes hoofstuk 1 vandag en let op: