What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Jou Wellness Toolbox

… Ek wat vir jou sê: “Moenie bang wees nie – Ek is die Een wat jou help.”JESAJA 41:13

Dis okay om nie altyd in beheer te voel of te wees nie – God has your back.

Kan ons dan net terugsit en wag vir God om die oplossings vir ons uitdagings op ‘n skinkbord aan te dra? Die verantwoordelikheid is ons s’n om die moontlike te doen en die onmoontlike aan God oor te laat.

Uitdagings soos boeliery, verhoudingsprobleme en akademiese druk veroorsaak nie depressie nie, maar as ons nie die negatiewe gevoelens en emosies wat die uitdagings veroorsaak, bestuur nie, kan dit wel tot depressie lei.

Wat is in jou toolbox waarmee jy die uitdagings makliker kan bestuur? Wat doen jy wanneer alles te veel raak? Is dit musiek, stap, skryf, met jou hond speel of aan ‘n kultuuraktiwiteit deelneem? Kies vandag iets waarmee jy jou hande (en kop) kan besig hou. Sit jou selfoon en videospeletjies vir ‘n rukkie eenkant.

Práát oor jou swaarkry. Praat met God. Praat met iemand wat jy 100% met jou seer sal vertrou. Vra dat hulle vir jou bid (sonder om detail te gee). In die moeilike tye moet ons steun op God se genade wat ons juis dan die nodigste het. Deur te praat maak nie van jou ‘n swakkeling nie. Dis ‘n uitroep na God om hulp. En Sy belofte is: “Ek is die Een wat jou help.”

Jou Wellness Toolbox

Gebed: Here, ek sukkel met die curve balls. Wys my wat ek kan doen om die uitdagings makliker te bestuur. Heilige Gees, wees U my raadgewer, want op my eie kan ek dit nie doen nie. Amen.

Uitdaging: Besluit wat jy in jou wellness toolbox het wat jy kan gebruik om môre op te staan en weer te probeer.