Lukas 8:24-25 DB “Jesus het vir die wind en die woeste golwe gesê: “Bedaar! Hou op met waai!” Hy het ook vir die water gesê om kalm te word. En toe, skielik, was alles oor. Die wind het bedaar en die see was weer spieëlglad. Alles was doodstil.”
Die horlosie tik al harder…Sekondes vlieg weg soos verskrikte voëls en los jou agter met die gemors…Jy fokus om elke woord versigtig te skryf met die wete dat jou hele toekoms hiervan afhang…Eksamens kan stresvol wees en jou laat voel asof jy alleen is in ‘n groot onstuimige storm.
Tydens my finale matriek eksamen het ek uitgevind dat daar ‘n groot moontlikheid is dat ek ‘n breingewas het. Ek het nog nooit meer alleen gevoel in my lewe nie! Ek het nêrens gehad om te draai nie, so toe draai ek na God toe en Hy bring vir my die “vreemdste” vrede. My MRI resultate het selfs skoon terug gekom. Die storm het bedaar omdat ek my ‘worries’ na God toe geneem het!
Wanneer jy in ‘n stormagtige situasie is, bring dit na God toe en laat Hy jou storms bedaar.
Gebed: Dankie Here, dat U mt storms stil maak en reg langs my is vir elke treë. Help my om U te vertel waarmee ek sukkel en om nooit te vergeet U is by my nie. Amen.
Uitdaging: Praat met God! Vetrou Hom om jou te help om elke toets deur te maak en vra Hom vir vrede in jou storm.