What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hy het opgestaan

Markus 16:6 DB Hy het gesê: “Moenie bang wees nie. Ek weet jy soek Jesus die Nasarener, die Een wat hulle aan die kruis vasgespyker het. Hy is opgewek; hy is nie meer hier nie. Julle kan self sien dat die plek leeg is.”

Net soos Jesus die dood oorwin en weer opgestaan het, kan jy uitdagings oorkom en moeilike situasies bemeester. Jy kan krag vind om aan te hou probeer, selfs wanneer dinge moeilik lyk. In Hom kan jy ander maklik vergewe en altyd hoop hê vir ‘n beter môre, maak nie saak wat gebeur nie. 

Jesus het bewys dat selfs die dood God nie kon keer nie. Dit is soos ‘n “superheld-terugkoms-fliek”, wat wys dat God se liefde en krag sterker is as enigiets, selfs die dood self. Dit gee ons hoop vir ‘n toekoms buite hierdie lewe.

In Jesus kan jy bo moeilike situasies uitstyg.

Gebed: Jesus, U het die dood oorwin en elke vrees oorwin wat ek my kan voorstel. U het weer opgestaan sodat ek in volle vryheid en vrye toegang tot God kan leef. Help my om elke dag te leef en te onthou dat U lewe. Amen.               

Uitdaging: As jy ‘n uitdaging in die skool of met ‘n taak in die gesig staar, onthou dat Jesus die dood oorwin het, sodat jy jou uitdagings ook kan oorkom. Hoekom? Want Hy is lewend in jou. 

(Geskryf deur Madelein de Beer)