📖 Hebreërs 12:1-3 “Laat ons maar net die wedloop hardloop deur op Jesus te konsentreer. Hy het vir ons gewys wat dit beteken om op God te vertrou en Hy sal ons tot aan die einde daarmee help, sodat ons geloof sal bly wat dit behoort te wees. ”
Dis altyd vir my ‘n groot WOW as ek dink hoe lief God Sy kinders het. Wanneer ons God se kinders word deur vir Jesus te aanvaar as ons Here en Redder, is God daar aan die begin van die reis. Hy is die een wat ons oë oopmaak vir geloof en omdat Hy ons op die reis sit, kan ons met vertroue weet dat Hy dit sal voltooi. Die skrywer van Hebreërs verseker ons dat Jesus self moeilike dinge deurgemaak het. So omdat Jesus verstaan, kan Hy ons help.
❣️ Ons kan die lewe met vertroue aanpak as ons onthou om na Jesus te kyk.
🙏 Gebed: Jesus Here, dankie vir U Woord. Dankie dat ek kan lees oor hoe U ander gehelp het om getrou te wees en dankie dat ek verseker kan weet dat U dieselfde vir my sal doen. Dankie dat U my vashou. Amen.
🔊 Uitdaging: Dink jou in jy sien vir Jesus. Hou jou oë gevestig op Hom. Stel ‘n alarm op jou foon om drie minute te spandeer om ‘n visuele prentjie van Jesus te kry.