What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hou aan stap met Jesus

πŸ“– Gal 5:25 β€œOns lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal.”

Die vakansie is naby en nou kan ons die spanning van skool en β€˜n strawwe roetine agter ons sit. Dis egter so maklik om in hierdie tyd van ontspan en laat slaap van Jesus te vergeet. Ons almal weet, van uitstel kom afstel.Β 

Jesus wil nie net β€˜n skool en roetine pad saam met jou stap nie. Hy wil ook hier in jou rustig wees vir jou kom ontmoet en deel wees van jou lewe. Die ekstra tyd met vakansie is die perfekte geleentheid om Jesus beter te leer ken. Kom aan, vat Sy hand en laat jou doen en late hierdie vakansie van Hom getuig.Β 

πŸ“ŒΒ  Neem Jesus saam met jou op vakansie, dis die beste avontuur ooit!Β 

πŸ™ Gebed: Here, dis vakansie en ek kan nie wag om net lekker dinge te doen nie. Ek wil nie van U vergeet nie en wil graag hΓͺ dat U deel sal wees van al my doen en late. Dankie dat U my tot hier gebring het en dat U die vakansie pad ook saam met my stap. Amen.Β 

πŸ”₯ Uitdaging: Wil jy dit prakties toepas?Β 

Voltooi vandag se aktiwiteit in ons nuutste werkboek @ Stop 11.

(geskryf deur Dia Bruwer)