What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Hoekom het Paulus ander gestuur?

V: Hoekom het Paulus ander gestuur?
A: Dissipelskap 👣

Daar is ’n ou gesegde uit die tyd toe Jesus op aarde geleef het wat sê: “Mag jy bedek wees met die stof van jou rabbi.” Met ander woorde, mag jy só naby agter jou leermeester aanloop dat die stof wat sy voete opskop, op jou beland. Pragtig, né?

Terwyl ons hierdie maand saam deur 2 Korintiërs 12 reis, wil ons hê jy moet iets besonders raaksien:

📖 Verse 17-19:
“Het enige van die manne wat ek na julle toe gestuur het, julle uitgebuit? Toe ek Titus aangemoedig het om julle te besoek en ons ander broer saam met hom gestuur het, het Titus julle uitgebuit? Nee! Ons word deur dieselfde Gees gelei en volg dieselfde pad; ons doen dinge op dieselfde manier.”

In ons vorige studies het ons ontdek waarom Paulus só praat, maar vandag fokus ons op wat hy gesê het. Paulus het ander gestuur. Dit is dissipelskap – iemand stuur iemand anders. Net soos Jesus die twaalf dissipels opgelei het, het Hy ons ook opdrag gegee (Matteus 28) om dissipels te maak. Of, soos Paulus dit stel: “ons volg dieselfde pad.”

Wie help JOU om meer soos Jesus te word? Wie help JY om meer soos Jesus te word?

🙏 Kom ons bid:

Dankie, Jesus, dat U die Een is wat voor ons uit stap. Help my om só naby aan U te bly dat die stof van U voete op my val. Wanneer mense na my kyk, mag hulle sien dat ek met U bedek is. Help my om leerbaar, oop en nederig te bly, sodat ek kan leer van gelowiges wat geestelik meer volwasse is. Help my ook om dit wat ek by hulle leer met ander te deel en hulle daarmee aan te moedig. Amen.