Hoe kan jy die een soort boom van βn ander onderskei? π Aan sy vrugte! Dieselfde is waar van mense. 2 Kor 12 is βn skatkis vol van groot waarde! Soos ons verder in hierdie hoofstuk gaan, begin dit bietjie vir bietjie meer sin maak. Onthou dat ons bespreek het hoe die kerk in Korinte nie baie van Paulus gehou het nie? Hulle het die indrukwekkende, charismatiese leiers verkies wat gelyk het asof hulle alles reg gekry het.
π Maak jou Bybel of Bybel-app oop by 2 Kor 12 en lees verse 11-15.
π Vers 12: βToe ek by julle was, het ek beslis bewys gelewer dat ek βn apostel is. Ek het geduldig tekens, wonders en kragtige dade onder julle gedoen.β
π‘ Wat staan vir jou uit?
1: Jy kan sien wie iemand werklik is deur hulle dade. Net soos βn appelboom appels dra.
2: Daar is sekere tekens (bewyse) wat sigbaar is waar God teenwoordig is β en Hy woon in Sy mense deur Sy Heilige Gees. Hy woon in JOU!
3: Die Vrug van die Gees en die Gawes van die Gees sal uit jou vloei wanneer jy naby aan God bly. π Gal 5:22-23. π 1 Kor 12:4-11 & Rom 12:6-8.
βοΈ Paulus het die mense aangemoedig om na die optrede van diΓ© mense te kyk wat so indrukwekkend gelyk het β het hulle dade ooreengestem met wat hulle gesΓͺ het?
π Bid saam met ons:
Heilige Gees, wat in my hart woon, sal U asseblief my woorde en my dade lei? Ek wil hΓͺ mense moet na my lewe kyk en bewyse sien dat ek Jesus ken en βn kind van God is. Mag hulle minder van my en meer van U sien. Amen.