What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

God vra

💭 Reflekteer
Soos ons reis deur Spreuke 3 tot ‘n einde kom hierdie week kan jy ‘n defnitiewe uitnodiging van God sien deur die Bybel verse. Hy vra jou om anders te leef. Die pad wat God vir jou lewe het sal nie dieselfde lyk as die wêreld om jou nie. Dit gaan nie altyd beroemd, besig, of selfs pret wees nie,  maar dit sal Hom glorie bring en jou vorm in die persoon wie jy gemaak is om te wees.

📖 Spreuke 3:31
“Moenie jaloers wees op iemand wat geweld gebruik nie. Moenie ook maak soos hy nie.”

❔ Vrae

  • Soos jy die vers hier bo lees, noem 3 mense op wie jy jaloers is of wie jy probeer na-maak (dit kan ander kinders wees by die skool, ‘n rolmodel, of ‘n “influencer” op sosiale media)
  • Noem 1 manier hoe jy dit kan doen wat die vers van jou vra.
  • Stuur die boodskap aan ‘n vriend om hulle te bemoedig om op God se pad aan te hou loop.

🙏 Praat met God
Gebruik jou eie woorde om te bid en vra die Here om jou te help met:
krag om Sy uitnodiging te aanvaar, op Sy pad te bly, en volgens Sy voorbeeld te lewe.

📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek kry ‘n uitnodiging van God.”

🎨 Reaksie
Neem ‘n bladsy en vou dit in twee. Op die een kant skryf neer of teken die dinge wat die wêreld belowe; op die ander kant, doen dieselfde, maar skryf die beloftes van God neer.

🤳Sosiale media
“Unfollow” 5 “influencers” of mense wie se plasings jou laat jaloers voel oor dinge wat jy weet nie in God se pad vir jou is nie.

 👥 Mense
Kan jy aan iemand dink van jou ouderdom wat ‘n nabye verhouding met God het? Wat kan jy hierdie week doen om ‘n hegter vriendskap met hulle te kweek?

🔥 Gaan Dieper
Hierdie maand se Skrifgedeelte is = Spreuke 3

Lees die res van die hoofstuk vandag en let op: 

  • Vandag se vers sê waarop om nie jaloers te wees of na te maak/ begeer nie. Gee die res van die hoofstuk enige wenke van wat om eerder te volg?
  • Neem ‘n ‘highlighter’ en merk 3 uitnodigings van God aan jou in die hoofstuk.
  • Gebruik die voetnota’s in die hoofstuk en lees die verse waarna hulle verwys.