💭 Reflekteer
Het jy al ooit na ’n boom gekyk en gedink dit is ’n pragtige voorbeeld van hoe ons in die lewe behoort te wees? Dit bied skaduwee en ’n tuiste vir baie lewensvorme. Sommige dra selfs vrugte om die lewendes te voed. Dit alles is omdat dit in goeie grond geplant en gewortel is. Hoe kan ons dan hierdie daad van goedheid navolg? Ons kan tog nie geplant word nie, reg? Maar JA, ons kan tog – deur op God te vertrou op ons lewensreise en daagliks oor Sy Woord na te dink!
📖 Kolossense 2:7
“Bly in Christus geanker en bou op Hom, standvastig in die geloof soos julle geleer is, en loop oor van dankbaarheid.”
❔ Vrae
– Het jy vertroue in God met jou toekoms, of hou jy nog vasberade aan jou eie planne vas om sukses te behaal?
– Hoeveel tyd in jou dag gee jy terug aan die Here om Hom te dank vir al die seëninge wat Hy jou gegee het?
– Met wie sal jy hierdie boodskap deel om jou te help onthou om Jesus te volg op hierdie onbekende reis, eerder as om dit self te probeer uitwerk?
🙏 Praat met God
Hemelse Here, dankie dat U met my is op my reis en ook vir _______. Ek weet ek kan ______ wees, maar help my om gewortel te bly in U Woord en om U elke dag te vertrou. Amen.
📢 Identiteit stelling
Sê dit hardop: “Ek is gewortel en groeiend.”
🎨 Reaksie
Skryf ten minste 3 maniere neer waarop jy vandag gesien het hoe God iets doen op jou “road trip”. Dit kan iets klein wees, maar dit help jou om te onthou waarvoor jy dankbaar is en dat God werklik betrokke is in jou lewe.
🤳Sosiale media
Neem vandag ’n foto van ’n plant of ’n groot boom wat jy pragtig vind, en plaas dit met die byskrif: #gewortelinChristus
👥 Mense
Deel vandag se Bybelvers met ’n vriend of ’n vreemde wat miskien verlore of uitgebrand is.
🔥 Gaan Dieper
Hierdie vers is uit Kolossense 2
Lees die res van Kolossense hoofstuk 2 vandag en let op:
– Waar kan jy God se geheim vind, en wat is dit?
– Hoe is dit moontlik dat ons weer lewe?
– Vra jouself hierdie 3 vrae elke keer as jy ’n hoofstuk in die Bybel lees: Wat het ek geleer oor God, die Heilige Gees en mense?