What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Geloof

📖 Prediker 4:9-10 “Twee is beter as een, want twee mense kan meer regkry as net een. As die een val, kan die ander een hom ophelp. Dit is sleg as die een val en daar is niemand om hom te help nie.”

God het ons nie gemaak om alles alleen te doen nie, veral nie om ons geloof op ons eie uit te leef nie. God het ons vir mekaar gemaak sodat ons dinge saam kan geniet, maar ook mekaar kan help wanneer ons dit nodig het. Partykeer maak mense ons so kwaad as hulle dinge nie doen soos wat ons dit sou doen nie, en dis eintlik oukei so. Dis wat die mensdom so spesiaal maak! Ons is almal uniek en kan bymekaar leer. Die harde werk, en dit is wat God van ons vra, is om ons beste te doen om saam te werk en ook na ander mense se idees te luister. 

❣️ Ons is almal saam hierin!

🙏 Gebed: Dankie, Here, dat U ander mense gemaak het met ander idees en behoeftes. Dankie dat U ʼn stukkie van U-self in elkeen bêre, en vir ons kans gee om U raak te sien in die mense rondom ons. Amen. 

🔊 Uitdaging:  Geloof is nie ‘n solo reis nie. Vra jou jeuggroep leier, Bybelstudie onderwyser, of dominee om in te teken vir RT247 sodat hulle saam met jou kan loop.