Die geestelike lewe het s e i s o e n e ❄️ 🌱 ☀️ 🍂 – soos winter, lente, somer, en herfs
Somtyds voel die grond droog en is daar min tekens van lewe. Dan kom die reën. God beantwoord gebede en Sy genade vloei deur jou lewe. Wat na die reën kom is baie groei en ‘n mooi oes van allerhande tipes vrugte (liefde, vreugde, vrede). Tog kan ‘n seisoen van stilte dalk daarna volg, waar dit tyd is om te laat gaan van dit wat oud is om plek te maak vir die nuwe.
🤔 Watter seisoen sou jy sê is jy nou in?
📖 Vandag se vers is uit Hosea 6:3 “Kom, laat ons die Here ken! Laat ons ons inspan om ons aan Hom toe te wy! Dan sal Hy ons antwoord. Dis so seker as die aanbreek van die nuwe dag of die koms van die reën, die lentereëns wat die grond deurweek.”
God wil na jou toe kom soos ‘n vars lente reënbui 🌧️
Ons het die afgelope tyd gesels oor die Helilige Gees en die Vrug van die Gees (liefde, vreugde, vrede…) – en net betyds vir Lente! 💧🌼🐝🍒 Wanneer die skole binnekort sluit vir Kwartaal 3 kan jy verwag om bietjie meer “mental space” te hê as gewoonlik. Hoe jy hierdie tyd gebruik is jou keuse, maar ons wil jou graag uitnooi:
Ons sien jou weer in Kwartaal 4 vir ons finale deel van 2026 & die laaste deel van ons Identiteitsreis.
Liefde-groete en seën, Die Roadtrip-247 span 🙏