What language do you prefer?

Close

Ontvang elke weeksdag jou padkos in die bed via WhatsApp.

Klik hier
| Terug

Face Jou Vrees Met Geloof


Die Heilige Gees, wat deur God aan ons gegee is, is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk , gee vir ons liefde vir ander en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.2 Timoteus 1:7

Ons almal word bang. Ons vrees die onbekende, die toekoms, ander mense of selfs mislukkings. Tog dien ons ‘n lewende God wat in beheer is.

Hoekom laat ons dan toe dat ons vrese die beste van ons kry? Die vinnige antwoord is omdat ons te veel fokus op wat ons bang maak. Wanneer jy konstant dink aan, byvoorbeeld die eksamen waarvoor jy vrees of ‘n spesifieke module waarin jy nie goed is nie, bly jou gedagtes op die idee van hoe groot die probleem vir jou lyk.

As ons dan so bang raak deur net aan iets te dink waarvoor ons vrees, hoe beskermd sal ons dan nie voel wanneer ons dink aan God wat ons kan beskerm teen enige iets en alles nie?

Dink aan toe jy jonger was en jy dalk bang geword het vir vreemde vorms in die donker wanneer jy moes slaap. Die oomblik wat jy die lig aanskakel, het jy gesien dit was ‘n hoop wasgoed of dalk ‘n boom se tak teen die venster. Die donker kan oorweldigend wees, maar wanneer God Sy lig bring, voel ons verligting.

Face Jou Vrees Met Geloof

Gebed: Dankie, Here, dat U ons beskerm teen alles. Help ons asseblief om altyd te onthou U is met ons en U het vir ons die Heilige Gees gestuur wat ons help om braaf te wees. Amen.

Uitdaging: Wanneer jy bang voel, praat met God en vra dat Hy jou sal herinner dat Hy by jou is.